Agri Mega Promotions handeldrywend as Agri Promo is 'n uitnemende eenstop mediadiens en het ten doel om deur sy professionele vermoë en kreatiwiteit 'n kliëntgerigte mediadiens aan die landbou en landelike omgewing te lewer. 'n Volwaardige publikasiehuis tree op as uitgewer van verskeie landbou-nispublikasies, waaronder die maandelikse Ads & Agri, hoofsaaklik gemik op die landbou-produsent in die Westelike streke van Suid-Afrika, Die Plaaswerker, gefokus op die holistiese behoeftes van landbou-arbeid, sowel as verskeie Ekspo Publikasies soos Agri Mega Week Ekspo Publikasie 2010, en ander nispublikasies en nuusbriewe. Meer inligting oor: » Ads & Agri » Die Plaaswerker » Agri Mega Week Ekspo Publikasie 2010 » Agri Cape Week Ekspo Publikasie 2010 » Die Suiwelmeester 2008/2009 'n Eenstop promosie- en bemarkingsdiens lewer 'n uitnemende diens en produk aan verskeie tevrede kliënte, nasionaal en plaaslik. Die onderneming is gesetel in die Paarl by Agri Mega se kantore te Louwslaan 22A, Suider-Paarl, 7624. | Lees die nuutste uitgawe van jou gunsteling landbou publikasie hier
  |